May 21, 2019

Stakings en betogings (picketing) word nou gereguleer om ontwrigting en chaos te vermy

Die vorige era van stakings en betogings was gekenmerk deur ernstige ontwrigting van besighede en chaos as gevolg van ongereguleerde betogings deur stakende werkers weens ʼn gebrek aan regulering.

Die regering het nou die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) verander, ʼn nuwe Goeie Praktykskode vir kollektiewe bedinging, industriële aksie en betogings, asook regulasies uitgevaardig wat hopelik hierdie aangeleenthede meer doeltreffend sal reguleer, ten einde die ernstige ontwrigting en chaos wat in die verlede tydens hierdie stakings en betogings plaasgevind het, te beperk.  Die wysigings tot die WAV en die Regulasies het in werking getree op 1 Januarie 2019.  Die Goeie Praktykskode was uitgegee op 19 Desember 2018 en was effektief van daardie dag af.

Voor die nuwe Kode en Regulasies was ʼn unie en sy lede toegelaat om met ʼn staking te begin op enige stadium nadat hulle 48 uur kennisgewing van voorneme om te staak, verstryk het.  Dit het tot gevolg gehad dat hulle vir lang tydperke kon wag voor die staking eintlik begin het. Hulle het daarom gewag en met die staking begin wanneer die werkgewer dit die minste verwag het.  In sommige gevalle het hulle so lank as 19 maande gewag.  Teen daardie tyd was die werkgewer onder die indruk dat die staking nooit gaan plaasvind nie en dat die werknemers van hul reg om te staak, afstand gedoen het.  Hulle was dan ook toegelaat om te betoog sonder opgestelde reëls waaroor daar ooreengekom is.  Hierdie onverwagte stakings en chaotiese betogings het ernstige ontwrigting veroorsaak en het gereeld gelei tot skade en kriminele aktiwiteite. 

Die nuwe Kode en Regulasies verbied nou betogings indien betogingsmaatreëls nie reeds in plek is nie.  Indien ʼn unie of werknemers van voorneme is om te begin staak, moet hulle kennis gee van sodanige voorneme en indien hulle nie dadelik na hulle 48 uur kennis begin staak nie, moet hulle weer kennis gee.  Indien hulle te lank wag om met die staking te begin mag daar aangeneem word dat hulle van hulle reg om te staak, afstand gedoen het.

Die effek van hierdie nuwe reëls is dat dit die unie sal verhoed om die staking uit te stel en onbillik bevoordeel word ten einde onnodige ontwrigting en chaos te veroorsaak tydens ongereguleerde betogings.

In die toekoms sal dit soos volg werk:

Die staking

Die unie moet ʼn dispuut verwys na die KVBA (CCMA).  Nadat die dispuut verwys is moet die KVBA die dispuut konsilieer binne 30 dae na verwysing.  Die KVBA sal die partye tot die dispuut in kennis stel om ʼn konsiliasieproses by te woon.  Indien die dispuut nie opgelos word nie, sal die Kommissaris ʼn sertifikaat uitreik wat verklaar dat die dispuut nie opgelos is nie.  Hierdie sertifikaat sal die unie magtiging gee om te staak en dat die werkgewer kan uitsluit.  Die unie moet binne 48 uur, nadat die sertifikaat uitgereik is, kennis gee van hulle voorneme om te staak.  Hulle mag nie met die staking begin voordat ʼn periode van 48 uur verloop het nie.

Betoging:

Gedurende die tydperk waarin daar gewag word vir konsiliasie, moet die unie (indien hulle betoging wil magtig) die werkgewer nader en poog om ʼn ooreenkoms te bereik om reëls vir betoging op te stel.  Indien die unie en die werkgewer nie daarin slaag om so ʼn ooreenkoms te bereik nie, moet die Kommissaris gedurende die konsiliasie van die dispuut en indien nie opgelos is nie, poog om ʼn betogingsooreenkoms tussen die partye daar te stel.  Indien dit misluk moet die Kommissaris betogingsreëls daarstel alvorens hy die sertifikaat uitreik dat die dispuut nie opgelos is nie.

Die unie moet betogings magtig in ooreenstemming met sy konstitusie.  Dit moet op skrif wees en op die werkgewer beteken word.  Slegs lede van die unie mag deelneem aan die betoging.  Die betoging moet plaasvind in terme van die reëls daargestel deur die ooreenkoms of soos neergelê deur die Kommissaris.  Betogings sonder magtiging deur die unie of sonder  reëls daargestel deur die Kommissaris, word verbied en sal as wangedrag beskou word. Hierdie “nuwe” regulasies is nog nie alom bekend nie en baie werknemers is nie bewus daarvan dat hulle nie mag betoog indien bogenoemde vereistes nie nagekom is nie.  Om betogings te vermy wat nie voldoen aan hierdie reëls en regulasies nie en om werkgewers in staat te stel om dissiplinêre stappe teen werknemers te neem, word daar geadviseer dat werkgewers, werknemers in kennis stel van hierdie nuwe reëls sodat hulle nie later ʼn verweer kan hê dat hulle nie bewus was van hierdie nuwe reëls wanneer hul van wangedrag aangekla word nie.

POPIA compliance in 2026: the basics every business still gets wrong

Even years after POPIA came into full effect, the same compliance gaps continue to surface across different industries. Many businesses believe they are POPIA compliant until a complaint, audit, or data breach proves otherwise.

Here are some of the most basic POPIA mistakes we still see:

  1. Information Officers appointed “on paper only”.
    The Information Officer is registered on the Information Regulators e-Services portal, but there is no real understanding of the role, no internal authority, and no ongoing oversight of compliance activities.
  2. Outdated or generic privacy notices
    Outdated or generic privacy notices often misrepresent actual processing activities in the company.
  3. No POPIA training beyond management
    POPIA compliance is treated as a legal or HR issue, while frontline employees, who handle personal information daily, receive little or no training.
  4. Assuming IT equals POPIA compliance
    Strong IT systems alone are not enough. POPIA also requires policies, procedures, access controls, and human behaviour management.
  5. Weak access control and data minimisation
    Employees often have access to personal information they do not need, increasing the risk of internal breaches and unauthorised disclosure.
  6. No clear process for data subject requests
    Businesses struggle to respond within reasonable timeframes because there is no documented procedure for handling requests.
  7. Not reporting data breaches to the Information Regulator
    Many organisations do not fully understand what constitutes a data breach under POPIA or how to report it. As a result, breaches are often ignored or being overlooked entirely.
  8. Failure to review and update data processing agreements with Operators
    While operators are identified, many businesses fail to put proper data processing agreements in place or to review them regularly.
  9. Treating POPIA as a once-off exercise
    Compliance is viewed as a project with an end date, rather than an ongoing process requiring regular review, updates, and monitoring.

POPIA compliance is about awareness, accountability, and continuous improvement. Identifying and fixing these common gaps is often the first step towards meaningful compliance.