May 21, 2019

Die voordele van Gesondheid en Higiëne in die werksplek

Vir meeste mense beteken konsep van[RRG1] Gesondheid en Higiëne in die Werksplek bloot algemene persoonlike higiëne en ʼn professionele voorkoms en hoewel werknemers die beeld van hul organisasie moet bevorder deur hul voorkoms (hulle verteenwoordig immers die besigheid), is hierdie ʼn baie beperkte siening van die konsep. Alle werksplekke moet higiënies wees, nie net ter wille van ‘n goeie beeld en om ‘n goeie indruk te skep nie, maar ook ter wille van die gesondheid en veiligheid van almal — kliënte, besoekers en werknemers.

Dit beteken dat dit nie voldoende is om net professioneel aan te trek en lekker te ruik nie.

  • Kom ons veronderstel jy moet ʼn verkoopsagent ontmoet en sy hande is vuil en sy klere is gekreukel en vuil.
  • Kom ons veronderstel jy stap by ʼn besigheid in en die vloere is vuil en glad en as gevolg daarvan gly, val en beseer jy jouself.
  • Hoe sal hierdie gebeure die organisasie se beeld en reputasie beïnvloed?

Wanneer dit kom by die werksplek is netheid en persoonlike higiëne baie belangrik daarom word dit ook in elke organisasie se beleidsdokumente aangespreek. Alle werknemers moet bewus wees van basiese higiëniese beginsels en dit daagliks toepas.

Daar is baie voordele wanneer daar goeie higiëniese gewoontes by die werksplek is:

Verhoed ongelukke en beserings aan diens

Deur die werksplek op ‘n gereelde basis skoon te maak, verminder die kanse op ongelukke en werknemers wat beseer word. Uit ‘n ander hoek gesien kan ‘n vuil werksomgewing kanse van ongelukke soos gly, struikel en val verhoog. Die oorsaak van hierdie aaklige en gevaarlike voorvalle is heel dikwels vuil en gladde vloere.

Om beserings te verhoed moet alle vloere op ‘n gereelde basis skoongemaak word en matte, wat gly verhoed in gebiede waar mense kan gly, struikel of val geplaas.  ʼn Goeie begin is kennisgewings terwyl die vloer skoongemaak word. ‘n Nat vloer sonder enige waarskuwingsteken of matte wat gly verhoed op die gladde oppervlakte kan ‘n bedreiging inhou. ‘n Skoon werksplek is ‘n veilige en gesonde werksplek.

Beperk die verspreiding van bakterieë en virusse

Deur te verseker dat ‘n werkplek aan die basiese higiëniese standaarde voldoen kan die verspreiding van siektes, bakterieë en virusse verminder. Dit is veral belangrik in gedeelde ruimtes soos kombuise en badkamers.

Afgesien van basiese skoonmaakreëls wat almal moet volg is die opleiding van personeel om die werksplek skoon te hou ook baie belangrik. Baie werknemers is nie eens daarvan bewus dat dit  hul eie verantwoordelikheid is om eienaarskap van hul persoonlike werkstasie te neem nie.

‘n Onhigiëniese werksplek verhoog gevalle van werknemer afwesigheid en kan die onderneming baie geld kos. As die higiëne nie op standaard is nie kan jy verwag dat meer en meer werknemers siekteverlof gaan neem. Behoorlike werksplek higiëne verhoed die verspreiding van skadelike virusse en bakterieë in die kantoor. Deur te belê in higiëniese werksplek fasiliteite mag aanvanklik geld kos maar sal uiteindelik vrugte afwerp en lei tot verhoogde produktiwiteit en verminderde afwesigheid van werknemers. 

Maatskappy beeld

Werknemers is nie die enigstes wat in die werkplek beweeg nie. Moontlike kliënte, verskaffers en beleggers besoek ook die werksplek. Die laaste ding wat jy wil veroorsaak is om hierdie besoekers deur ‘n onnet, deurmekaar en vuil werkplek af te skrik. Sekere bedrywe soos die gasvryheid  en mediese bedrywe het baie spesifieke higiëniese standaarde en dit moet streng nagekom word. Swak werksplek higiëne kan ‘n baie slegte eerste indruk van jou organisasie skep.

Werknemers bly langer

Die werksomgewing kan ‘n groot invloed op die werknemers se tevredenheid by die werksplek hê. Gelukkige en tevrede werkers is produktief en geïnspireer om hul werk goed te doen. Wanneer mense gelukkig by hul werksplek is bly hulle lojaal teenoor die organisasie en werknemer omset verminder.

Deur die werksplek skoon te hou, is een manier hoe ‘n organisasie ‘n omgewing kan skep waar werknemers graag wil werk. Eenvoudige take, soos die skoonmaak van die badkamers op ‘n gereelde basis, die gereelde leegmaak van die vullishouers en skoonmaak van die vensters om die natuurlike lig in te laat kan grootliks bydra tot ‘n gerieflike werksplek vir almal.

‘n Skoon werksplek is ‘n gelukkige werksplek

Dit is tot alle organisasies se voordeel om bewus te wees van die voordele van goeie gesondheid en higiëne in die werksplek.

Deur te belê in goeie gesondheid en higiëniese beginsels onder jou werksmag is tot voordeel van jou grootste en belangrikste hulpbron as besigheidseienaar of bestuurder, naamlik jou menslike hulpbronne. Gesondheid- en higiëniese opleiding is nie net voordelig vir die organisasie nie maar ook vir die samelewing as ‘n geheel.

SEESA Skills Training bied ‘n kursus naamlik Health and Hygiene In The Workplace wat hierdie onderwerpe aanspreek asook strategieë om ‘n gesonder en veiliger werksomgewing te skep. Besoek gerus ons opleiding webwerf vir meer inligting.


 [RRG1]

POPIA compliance in 2026: the basics every business still gets wrong

Even years after POPIA came into full effect, the same compliance gaps continue to surface across different industries. Many businesses believe they are POPIA compliant until a complaint, audit, or data breach proves otherwise.

Here are some of the most basic POPIA mistakes we still see:

  1. Information Officers appointed “on paper only”.
    The Information Officer is registered on the Information Regulators e-Services portal, but there is no real understanding of the role, no internal authority, and no ongoing oversight of compliance activities.
  2. Outdated or generic privacy notices
    Outdated or generic privacy notices often misrepresent actual processing activities in the company.
  3. No POPIA training beyond management
    POPIA compliance is treated as a legal or HR issue, while frontline employees, who handle personal information daily, receive little or no training.
  4. Assuming IT equals POPIA compliance
    Strong IT systems alone are not enough. POPIA also requires policies, procedures, access controls, and human behaviour management.
  5. Weak access control and data minimisation
    Employees often have access to personal information they do not need, increasing the risk of internal breaches and unauthorised disclosure.
  6. No clear process for data subject requests
    Businesses struggle to respond within reasonable timeframes because there is no documented procedure for handling requests.
  7. Not reporting data breaches to the Information Regulator
    Many organisations do not fully understand what constitutes a data breach under POPIA or how to report it. As a result, breaches are often ignored or being overlooked entirely.
  8. Failure to review and update data processing agreements with Operators
    While operators are identified, many businesses fail to put proper data processing agreements in place or to review them regularly.
  9. Treating POPIA as a once-off exercise
    Compliance is viewed as a project with an end date, rather than an ongoing process requiring regular review, updates, and monitoring.

POPIA compliance is about awareness, accountability, and continuous improvement. Identifying and fixing these common gaps is often the first step towards meaningful compliance.