Inleiding
Maya Angelou het gesê, “Mense sal vergeet wat jy gedoen het, maar hulle sal nooit vergeet hoe jy hulle laat voel het nie.” Ten spyte van al die tegnologiese vordering en outomatisering doen ons steeds besigheid met mense, so op die einde van die dag kom dit neer op interpersoonlike verhoudings en om ‘n ware band met jou kliënt te skep.
Eerste Indruk
Die probleem met ‘n eerste indruk is dat ons slegs een kans kry.
In meeste gevalle is die eerste indruk die eerste treë om ‘n verhouding te bou en lê dit die fondasie vir ‘n toekomstige verhouding. Daarom moet ons onsself altyd in die beste lig stel om sodanig ʼn goeie indruk te skep.
Hier volg ‘n paar wenke:
- Vriendelikheid: Glimlag, ontspan en straal ‘n voorkoms uit wat vertroue verwek.
- Name: Onthou mense se name, dit dui dat hulle belangrik vir jou is en dit sal lei tot ʼn beter skakeling tussen partye.
- Postuur: Probeer altyd ‘n goeie en trotse postuur te hê.
- Luister: Fokus op wat die persoon sê en moet hulle nie in die rede val nie.
- Tyd: Moenie langer bly as wat nodig is nie.
- Belangstelling: Stel opreg belang in jou kliënt, so bêre jou foon.
As jy eers ‘n goeie indruk geskep het, moet ons begin bou aan die verhouding.
Verhouding “ Rapport”
Kyk vir enige iets wat jy en die persoon in gemeen mag hê deur om te vra oor die persoon se agtergrond, belangstellings en suksesse – maar moenie meganies wees nie.
Jy wil kapitaliseer op die fondasie wat jy gelê het met jou eerste indruk. Onthou, ons probeer ‘n verhouding te bou, so wees oop en opreg.
Plaas jouself in hulle skoene, dit sal jou in staat stel om jou kliënt se perspektief te verstaan, om hul emosies te herken en moontlike vrae te verwag.
Kommunikasie
Die sleutel tot so verhouding is goeie kommunikasie.
Hoe beter en meer doeltreffend ons kommunikeer hoe beter is ons verhouding. Navorsing dui daarop dat taal gebruik en lyftaal belangrike rolle speel in kommunikasie, so as ons op ʼn subtiele manier die ander party se taal en lyftaal na boots beklemtoon ons bekendheid tussen die partye. Dis iets wat ons onbewustelik ook met ons familie en vriende doen.
Slotsom
SEESA Training bemagtig leerders met die basiese beginsels van ‘Rapport’ bou met die baie gewilde kursusse Junior Management and Supervisor Development en ook How to sell. Hierdie kursusse word landswyd aangebied en kan besigtig word op ons aanlyn skedule (https://training.seesa.co.za)

