Versuim om wangedrag te rapporteer kan jou werk kos

Versuim om wangedrag te rapporteer kan jou werk kos
February 4, 2019 Chante Hobbs

Werkgewers staar dikwels die frustrerende dilemma in die gesig dat hulle moet staatmaak op inligting van hul werknemers om die plegers van wangedrag te identifiseer, en hulle weier opsetlik om die inligting te verskaf.

Werknemers wat opsetlik versuim om wangedrag wat deur ander werknemers gepleeg is te openbaar, kan ontslaan word omdat hulle die verpligting van trou wat hulle teenoor die werkgewer het, verbreek – wat die vertrouensverhouding onuithoudbaar maak.

Hierdie oplossing is bevestig deur die Arbeidsappèlhof in die saak tussen Numsa namens Ngonezi en andere v Dunlop Mixing and Technical Service (Pty) Ltd en andere (2018).

Die hof verwys na hierdie vorm van wangedrag as ‘Afgeleide wangedrag’. Dit is ‘n begrip wat gebruik word om ‘n komplekse situasie te omskryf. Die term word gebruik om te verwys na ‘n spesiale vorm van wangedrag wat versinnebeeld word deur die verbreking van die goeie trou verpligting wat op ‘n werknemer rus, verbreek deur te weier om inligting te openbaar wat relevant is waar skade aan die werkgewer veroorsaak is, wat die oortreders aan die kaak kan stel.

Die konsep is uiteindelik gegrond op die verbreking van die getrouheidsplig wat die diensverhouding onuithoudbaar maak.

Afgeleide wangedrag

Die toepassing van afgeleide wangedrag behels ‘n feitlike ondersoek met die oog daarop om vas te stel of lede van ‘n groep redelikerwys vermoed word dat hulle oor materiële inligting beskik aangaande skade wat aan die werkgewer veroorsaak is en wat sal aanleiding gee tot die identifisering van die werklike oortreders.

Die bestaan van sulke inligting moet op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys word. Dit kan nie op nalatigheid gegrond word nie. Die werknemer moet opsetlik weier om die inligting te openbaar.

Gedurende ‘n geweldadige staking waartydens die stakers klippe en petrolbomme gegooi het, huise van bestuurders aan die brand gesteek het en doodsdreigemente op plakkate vertoon het, nie-stakende werkers aangerand het en ingange met rommel versper het en ‘n hofbevel verontagsaam het, het die werkgewer ‘n beroep op die vakbond en die stakers gedoen om die oortreders te identifiseer.

79 werkers is uiteindelik weens wangedrag aangekla omdat hulle geweier het om die skuldiges te identifiseer en nie ‘n redelike verduideliking wou verskaf waarom hulle nie die inligting kon verskaf nie. Slegs een werker het die verhoor bygewoon en haarself verontskuldig. Die ander 78 werkers is skuldig bevind en ontslaan.

Die werkers het ontken dat enige geweld plaasgevind het. ‘n KVBA Arbiter het bevind dat die ontslagte van die werkers wat bewys was, teenwoordig was tydens die pleeg van die oortredings, billik was. Die werkers waarvoor daar nie bewyse was dat hulle teenwoordig was nie, se ontslagte was onbillik bevind en hulle is heraangestel.

Die Arbeidshof het die bevinding van die Arbiter tersyde gestel en beslis dat die ontslagte substantief en prosedureel billik was.

Die Arbeidsappèlhof (AAH) het bevind dat, sodra daar vanuit die getuienis afgelei kan word dat die werkers moontlik teenwoordig was gedurende die pleging van die geweld, die onus dan skuif na die werkers om te bewys dat die afleiding ongegrond is.

In hierdie saak het die Arbiter argumenteer dat die werkgewer nie bewyse het dat die werkers teenwoordig was tydens die pleging van die geweld nie, en daarom het die werkers geen plig gehad om op die bewerings te reageer nie aangesien daar geen bewyse was dat hulle moes geweet het wie die oortreders was nie.

Die AAH het bevind dat die Arbiter se benadering neerkom op ‘n waninterpretasie omdat die Arbiter nie behoorlik oorweging gegee het aan die indirekte getuienis wat aangetoon het dat die werkers moontlik wel teenwoordig was nie.

Daar was verskeie aspekte wat aangetoon het dat hulle moontlik teenwoordig was terwyl die geweld gepleeg was:

  • Hulle het almal deelgeneem aan die staking waarby hulle kollektief betrokke was; en
  • hulle het blatant ontken dat daar enige geweld plaasgevind het, wat ‘n kollektiewe leuen was en op grond waarvan kan ‘n negatiewe afleiding gemaak word.

 

Die Hof beslis dat die Arbeidshof korrek was in die slotsom dat die werkgewer kon verwag het dat die die staking vreedsaam moet plaasvind en dat die ontslagte billik was.

Die AAH bevind verder dat die afgeleide wangedrag vereis dat daar bewys moet word dat die werker werklike kennis gehad het van die oortreders en nie bloot vermeend kennis nie. Ten einde die plig om te openbaar te skep.

 

Die Hof vermaan werkgewers om hierdie tipe wangedrag deeglik aan te spreek in hul dissiplinêre kodes.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*