fbpx

JA VIR DIE “Y.E.S” Inisiatief

JA VIR DIE “Y.E.S” Inisiatief

Die “Youth Employment Services (Y.E.S)” Inisiatief is gepubliseer op 28 Augustus 2018 met ʼn gepaardgaande praktyknota op 12 Oktober 2018.

Die inisiatief sal deur die “Yes-4-Youth” nie-winsgewende organisasie bestuur en gemonitor word. Indien ʼn entiteit wil deelneem aan die inisiatief en dit implementeer, moet hulle eers registreer op die “Yes-4-Youth” webwerf by www.yes4youth.co.za. Indien die besigheid nie registreer op die webwerf nie, sal die entiteit nie kwalifiseer vir verbetering van hulle Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BSEB) sertifikaat nie.

Hierdie inisiatief se hoofdoel is werkskepping vir individue wat kwalifiseer in terme van die vereistes soos gepubliseer. Slegs individue wat aan die volgende vereistes voldoen kan in aanmerking geneem word vir deelname aan die “Y.E.S” Inisiatief:

  • Hulle is tussen die ouderdom van 18 en 35
  • Hulle voldoen aan die definisie van “Nie-Blanke Persone” in terme van die BSEB Wet

Indien ʼn entiteit wil registreer vir die “Y.E.S” Inisiatief moet hulle aan die volgende voorvereistes voldoen:

Vir ‘n Generiese Maatskappy:

  • Moet ten minste 40% subminimum onder elke Prioriteitselement bereik;

ALTERNATIEWELIK

  • ʼn Gemiddeld van 50% oor die 3 Prioriteitselemente bereik.

Vir Kwalifiserende Klein Besighede:

  • Moet ten minste 40% subminimum behaal in 2 van die 3 Prioriteitselemente, waarvan Eienaarskap een moet wees;

ALTERNATIEWELIK

  • ʼn Gemiddeld van 40% behaal oor 2 van die Prioriteitselemente, waarvan Eienaarskap een moet wees.

Sodra daar aan hierdie voorvereistes voldoen is, kan die entiteit voortgaan om die teikens wat hulle moet implementeer te bereken (onthou dat u SEESA BEE Regsadviseur jou kan help met die berekening van die nodige teikens).

Hoekom is dit belangrik vir besighede om deel te neem aan die “Y.E.S” Inisiatief?

Indien die entiteit voldoen aan die voorvereistes sal hulle geregtig wees op die volgende verbeterings op hulle BSEB sertifikaat wanneer hulle deelneem aan die Y.E.S Inisiatief:

BSEB ERKENNING
Bereik Y.E.S Teiken asook 2.5% Absorpsie Skuif een vlak boontoe op die BSEB Sertifikaat
Bereik 1.5 x Y.E.S Teiken asook 5% Absorpsie Skuif een vlak boontoe op die BSEB Sertifikaat + 3 Bonus Punte op die algehele Telkaart
Dubbel die Y.E.S Teikens en 5% Absorpsie Skuif twee vlakke boontoe op die BSEB sertifikaat

 

Met die hoë werkloosheidsyfer onder ons jeug in Suid-Afrika is die Y.E.S Inisiatief werklik iets waarin besighede kan belê – tot voordeel van BSEB tellings en tot voordeel van Suid-Afrika se ekonomie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*