fbpx

eLearning met jou eie toestel – ʼn groeiende tendens

eLearning met jou eie toestel – ʼn groeiende tendens

Met die voordele van eLearning wat in ‘n vorige uitgawe bespreek is fokus hierdie artikel op die groeiende tendens van mikro opleiding deur middel van jou eie toestel (Bring Your Own Device, of BYOD).

Bring jou eie toestel (BYOD) het die afgelope paar jare stelselmatig meer gewild geraak met betrekking tot werknemer opleiding. Meer as helfte van Suid-Afrikaners is aanlyn deur gebruik te maak van ‘n slim toestel. Dit maak eLearning deur ‘n slimfoon of tablet, ‘n baie geskikte opsie vir Suid-Afrikaanse werkgewers.

Slimfone het geweldig gewild geraak in onlangse tye, mense is gek oor hul toestelle en die gemiddelde gebruiker kyk oor ʼn 100 keer per dag na sy foon. Dus kan mens insien hoekom die slimfoon ʼn goeie medium kan wees vir opleiding. Die slimtoestel gee die werknemer groter vryheid as dit kom by opleiding deer dit meer toegangklik, sosiaal en gebruikervriendelik te maak. Om die werknemer se eie toestel te gebruik prikkel sy belangstelling, wat beteken dat die werker meer betrokke is by die leerproses.

Mikro leer is gebaseer op die beginsel van klein hoeveelhede gespesifiseerde inligting wat betrekking het op ʼn spesifieke vaardigheid. Dus, eerder as om die leerder te oorlaai met onnodige inligting, bied mikro leer net genoeg inligting om die nuwe vaardigheid aan te leer of te snap.

Kennisbehoud

Om mikro en sosiale leer te implementeer deur jou eie toestel te gebruik kan die behoud van kennis drasties laat toeneem, weens die feit dat die leermateriaal afgebreek word in mikro-modules wat die leerder eers moet baasraak voor die leerder na die volgende module kan aanbeweeg.

Wanneer en waar ookal

Met mikro studies word ons nie meer beperk tot ʼn vooraf bepaalde skedule (3 of 6 maande) nie. Ons kan leer terwyl ons aan die gang is. Dus kan die leerder self besluit waar en wanneer hulle deelneem.

Kostes

Mikro studies deur jou eie toestel (BYOD) kan kostes geweldig laat afneem, want die modules is vaardigheid-spesifiek en kom direk tot die punt. Dit kan daartoe lei dat die kostes ʼn fraksie is van die koste om ʼn voltydse kursus te ontwikkel of om ʼn werknemer in te skryf vir ʼn tradisionele kursus.

Verminderde verlies aan produktiwiteit

Om gebruik te maak van die BYOD model beteken dat daar minder aftyd is, weens die feit dat die werknemer nie meer in ʼn tradisionele klaskamer hoef te wees nie. Dus beperk dié model die negatiewe impak op werksplek produktiwiteit.

Vaardigheid-spesifiek

Mikro studies volg ʼn een-tree-op-ʼn-slag benadering, wat beteken dat ons baie spesifieke vaardigheid kan identifiseer en dan kan teiken. Dus kan ons vaardigheid tekortkominge vinnig oorbrug. Dit sal ook die werksvermoë van die werknemer verbeter. Byvoorbeeld, as die werkgewer op ʼn spesifieke taak of operasionele prosedure besluit, kan hy dit dadelik verfilm en versprei na al die nodige personeel deur gebruik te maak van hulle eie toestelle.

Motivering

Aangesien mikro studies teen die leerder se eie pas plaasvind en verkort word tot hanteerbare modules, moedig dit deurlopende studies aan en kan dit die leerder verder motiveer omdat sy vordering dadelik sigbaar is.

SEESA Skills Training bied eLearning oplossings aan ons kliente om die bogemelde aangeleenthede aan te spreek. Kontak gerus jou naaste SEESA tak vir meer inligting by https://training.seesa.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*