fbpx

Die voordele van eLearning in die werksplek

Die voordele van eLearning in die werksplek

Die vaardigheidsgaping in die werkplek is die gaping tussen wat werkgewers van personeel verwag en wat werksoekers het om te bied. Dit het ‘n negatiewe impak op die besigheid se operasionele verrigtinge sowel as sy oorhoofse groei. Werkgewers het egter nie altyd genoeg hulpbronne om voldoende leer-geleenthede aan personeel te verskaf om hul sodoende met die nodige vaardighede en kennis te bekwaam nie.

eLearning kan in hierdie verband van hulp wees.

Tegnologie ontwikkel teen ‘n vinnige tempo en eLearning bied aan besighede geleenthede om hul personeel op hoogte te hou van die nuutste tendense. eLearning is ‘n doeltreffende manier om bemagtigende opleiding te bied en dit verskaf ‘n gerieflike en effektiewe manier om die vaardigheidsgaping in die werksplek te oorbrug.

  1. Bekostigbaarheid

In tye van finansiële nood is werknemer-opleiding gewoonlik een van die eerste areas waar werkgewers kostes snoei. Tyd en energie sal eerder gefokus word om inkomste te genereer. Besighede kan egter bekostigbare eLearning modelle gebruik om personeel se vaardighede te ontwikkel en so die werksmag te verbeter en dus die winste verhoog.

eLearning bespaar tyd en geld. Daar is geen uitgawes op fasiliteerders, gedrukte kursus materiaal, reiskoste en moontlike akkommodasie nie.

  1. Buigsaamheid

Met gepaste hulpbronne kan eLearning enige tyd en plek wat die leerder pas, plaasvind. Hierdie is ‘n groot voordeel vir werkers wat in afgeleë plekke werk of wat onreëlmatige skofte werk. Hulle het nou dieselfde leer-geleenthede as ander werkers. Besighede hoef ook nie groepe werkers op dieselfde tyd vry te stel om opleiding te ontvang nie, wat produktiwiteit kan beïnvloed.

  1. Interaktiwiteit

Tradisionele opleidingsmodelle vereis meestal dat werknemers werkswinkels moet bywoon in groot klasse. Deelname en persoonlike aandag gaan gewoonlik verlore in sulke sessies en dit lei tot negatiewe opleiding ervarings en slegte houdings.

Meeste eLearning programme het egter ‘n interaktiewe komponent soos gamification en ‘n een-tot-een element wat leerders besig hou. Die onmiddellike terugvoer-komponent van meeste eLearning programme verhoog die vordering van leerders en dien ook as motivering.

  1. Motivering vir “millennials”

Vandag se werknemers werk vir meer as slegs ‘n salaris, hulle wil ook voortdurend leer. Besighede wat sulke eLearning geleenthede aan hul personeel bied, sal meer lojaliteit put uit hierdie mense. Die rede hiervoor is dat hierdie werkers ‘n groter gevoel van prestasie in die werkplek sal ervaar.

SEESA Skills Training bied eLearning oplossings aan ons kliënte om die bogemelde aangeleenthede aan te spreek. Kontak gerus jou naaste SEESA kantoor

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*